Christa Steyn
South African musician

Christa Steyn

The basics
Quick facts
Intro
South African musician
Gender:
Female
Work field:
Birth:
15 June 1958(Krugersdorp, Mogale City Local Municipality, West Rand District Municipality, South Africa)
Death:
11 June 2012(Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa)
Star sign:
Biography menu
Menu

Jump to

Introduction Biografie Diskografie Verwysings Sien ook Eksterne skakels
The details
Biography

Introduction

Christa Steyn, gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958, Krugersdorp – 11 Junie 2012, Pretoria) was 'n komponis, pianis en Afrikaanse sangeres wat bekend is vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere as Jannie en die Tannie). Haar verwerkings het verskeie kunstenaars help vestig, onder andere Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet.

Biografie

Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, leer klavier speel. Haar pa was die NG predikant dr. Ben Schutte wat onder andere drie verskillende gemeentes op Potchefstroom bedien het. In 1962 op vierjarige ouderdom begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solosanger) opgeneem, onder ander Eerste Liefde en Bly By My. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisie-afdelings. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan die Einde van die Reënboog.

In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerkskool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

Vanaf 1986 werk sy vir 25 jaar as pianis en medekunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as medeskrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu's teen die muur (1992), De Kleine Man (1994v en 2000), Musiek en Repliek – Klas van '79 (saam met Lucas Maree – 1999), Nagkantoor saam met 'n verskeidenheid ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met 'n teks van PG du Plessis – 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies – 2008), Houtkruis (saam met verskillende kunstenaars – 2008) en Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli 2010)

Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy ’n lang stryd teen kanker gely het.

Diskografie

  • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
  • My Treffers, 2004 EMI
  • Christa speel die "oldies", 2002
  • Rondo, 1999 ANZ/JNS
  • Baroque for Babies, 1997/1999
  • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
  • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
  • Burlesque, 1994 JNS
  • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
  • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
  • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7", 198? VENUS
  • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986

Verwysings

  1. Christa Steyn raak kêns, Beeld, 25 Maart 2005
  2. Johnson, Amy (12 Junie 2012). "Christa Steyn sing nou in engelekoor" (html) (in Engels). Nuus24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2012. Besoek op 12 Junie 2012.
  3. Van Wyk, Pauli (11 Junie 2012). "Christa Steyn verloor stryd" (html). Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2012. Besoek op 12 Junie 2012.

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christa Steyn.